Cuningham's Island Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie B&B-gastehuis is op Leisure Isle, Knysna geleë en is naby 3 gholfbane - Pezula, Simola en die Knysna-gholfklub. Die verste gholfbaan is Fancourt wat maklik binne 60 minute per motor bereik kan word.

Dis 'n ideale basis vanwaar die baie besienswaardighede van die omgewing verken kan word. Met slegs een toegangspunt en 24 uur-sekuriteit, is Leisure Isle 'n veilige en skilderagtige bestemming. Dit is slegs 4 km in omtrek en baie gaste geniet dit om na Knysna se enigste strand af te stap en om gelyktydig die goedversorgde, oop tuine van die inwoners op die eiland te bewonder.

Ons bied luukse verblyf, puik geriewe en vriendelike en bekwame diens. Alle kamers het hul eie ingang met 'n tuin waar voëlgeluide weerklink en wat spog met 'n groot swembad. Ons kamers is smaakvol ingerig, en die beddens het slegs die beste wit perkallinne.

Word met die geluide van die plaaslike voëllewe wakker en geniet dan 'n gratis ontbyt voordat jy 'n avontuur aandurf. Andersins kan jy die dag eenvoudig langs die swembad geniet deur te ontspan en tussendeur 'n bietjie te swem. Jy kan gerus die eerlikheidskroeg op die loggia besoek.

Die aande is perfek om luilekker langs die strand te stap. Slegs 'n paar minute se stap van die verblyf af wag 'n hele aantal watersport-aktiwiteite vir avontuurlustiges - of dit nou watersport is, en of 'n mens slegs wil ontspan en wil sonbaai - hier sal mens dit vind. Daar is baie ander prettige aktiwiteite beskikbaar in die omgewing. Gholf, uitstappies en staproetes, talle natuurreservate en perdritte is slegs een van baie maniere waarop 'n mens die tyd kan deurbring om te ontspan.

Daar is 3 baie goeie restaurante in die nabye omgewing, met die naaste een slegs 200 m van die Cuningham's Island-gastehuis af. Die Knysna-kaaie en die dorp se winkels met 'n verskeidenheid banke, winkels en restaurante is slegs 5 km weg.

Cuningham's is die ideale plek vanwaar 'n mens die Tuinroete kan verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cuningham's Island Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R820 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]