Da Gama

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié selfsorg-vakansiewoonstel met 1 slaapkamer het 'n see-uitsig en is in die Da Gama-woonstelblok, langs Beach Road in die Strand geleë. Die kompleks is op die Goue Myl met heelwat restaurante en winkels stapafstand hiervandaan.

Die woonstel het gemaklike slaapplek vir 4 gaste en 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Die badkamer het 'n stort en 'n bad.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas-vrieskas, 'n stoof en oond, 'n wasmasjien en 'n mikrogolfoond in. Daar is ook 'n ontbythoekie met kroegstoele. Die eetkamer het 'n houttafel met sitplek vir 4. Die sitkamer het 'n TV met DStv, maar gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder en slimkaart bring. Die leefarea maak op die balkon oop en gaste kan op die gemaklike stoepmeubels ontspan terwyl hulle die lieflike uitsig oor die see bewonder.

Daar is 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe en 'n muurbalbaan in die Da Gama-kompleks. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die Somerset Winkelsentrum en die Strand Gholfbaan is binne 2 km van ons af, en die Kaapstad Internasionale Lughawe net 20 minute se ry. Somerset-Wes en Stellenbosch se wynlande is net 15 minute se ry van ons af weg.

Slaapplek

'n Bespreking by Da Gama sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Da Gama gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za