De Akker Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Akker Guest House is in Oudtshoorn in die Klein-Karoo geleë. Dié gastehuis is stapafstand vanaf restaurante, museums, winkelsentrums en die middedorp.

Verblyf word in 5 luukse kamers en 2 selfsorg-eenhede gebied. Die luukse kamers is smaakvol gemeubileer en beskik oor dubbelbeddens of 2 enkelbeddens. Die gesinskamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir kinders. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Kamergeriewe sluit gratis WiFi, 'n TV, DStv, tee- en koffiemaakgeriewe, yskas, lugversorging, toiletgeriewe en handdoeke in. Die selfsorg-eenhede het dubbel- of enkelbeddens en en suite-badkamers met storte. Die kombuisies is goed toegerus vir selfsorg.

Daar is 'n gemeenskaplike eet- en sitarea en ander geriewe sluit gratis WiFi, ’n braai-area, veilige parkeerplek en 'n klein swembad waarin gaste lekker kan afkoel in.

Besienswaardighede in die omgewing sluit die Kango-grotte, Gamkaberg Natuurreservaat, Oudtshoorn Gholfklub, Kango Wildplaas, bolstruisplase, wildreservate, wynplase, Meiringspoort (waterval) en nog meer in. Inligting rakende die besienswaardighede in die omgewing word voorsien met aankoms, asook afslagbewyse vir sommige van dié besienswaardighede.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Akker Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R994 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za