De Bakke Terrace 26
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 15 Apr 2024 tot 19 Jun 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-weg, Eenheid 26 De Bakke Terrace, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 800R1 620 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
De Bakke Terrace 26 is 'n lieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Santosbaai in Mosselbaai. Dit spog met 'n see-uitsig vanaf die balkon en hoofslaapkamer. Die eenheid is stapafstand vanaf De Bakke-strand.
Die woonstel is op die tweede verdieping en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed wat ideaal is vir kinders. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n tweede badkamer met 'n stort-oor-bad. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die woonstel het ook 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die aangrensende sitarea het gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die sitarea lei na 'n balkon met buitemeubels en draagbare braaigeriewe. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek vir 'n klein voertuig in 'n toesluitmotorhuis.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Colette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- George-weg, Eenheid 26 De Bakke Terrace, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Santosbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-weg, Eenheid 26 De Bakke Terrace, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap