De Bergen

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Bergen is 'n lieflike selfsorghuis met slaapplek vir 4 gaste en is ideaal vir gesinne of sakereisigers in George.

Dié dubbelverdieping-huis beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na 'n balkon wat 'n pragtige uitsig op die berg bied. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en maaltye kan by die etenstafel geniet word. Daar is 'n TV in die sitarea. WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n stoep met braaigeriewe en bied 'n uitsig oor die privaat tuin. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

De Bergen is 1 km van die middedorp af waar daar verskeie winkels, kafees en restaurante is. George bied ook verskeie doendinge, soos swem en visvang by die strande, gholf, voetslaanpaaie, fiets- en 4x4-roetes, kaasproe, aarbeie pluk en bierproe. Gaste kan ook die bekende Outeniekwa Vervoer Museum besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by De Bergen sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Bergen gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 241 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za