Hartenbos Akkommodasie by De Branders Woonstel No 67 | LekkeSlaap
+14
+14

De Branders Woonstel No 67

Selfsorg
  • Vanaf R1 800 R1 260 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paardekraal Laan `, De Branders 67, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

De Branders Woonstel No 67 is 'n ruim selfsorgwoonstel vir 4 aan die kusfront in Hartenbos.

Die dupleks-woonstel is op die derde verdieping en is maklik bereikbaar via die parkeerterrein. Daar is 2 slaapkamers en 2 badkamers op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer lei na 'n stoep met 'n see-uitsig en het 'n dubbelbed. Die kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet.

Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gebruik 'n badkamer met 'n stort, bad en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is op die grondverdieping en is met 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, Nespresso-masjien en 'n etenstafel toegerus.

Die sitarea het 'n TV en as gaste DStv wil kyk moet hulle asb. hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring. Glasstapeldeure lei vanaf die leefarea na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en 'n 180°-uitsig oor die see. Van hier af kan gaste gereeld skole dolfyne sien, asook robbe wat in die golwe speel en met geluk dalk 'n walvis. Die Strandverhoog voor op die hoofstrand bied vermaak aan kinders gedurende die skoolvakansie.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike braai-area en die swembaddens; een vir volwassenes en een vir kinders. Wasgeriewe is beskikbaar en daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en 'n sleepwaentjie. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Die kompleks het direkte toegang tot die strand en is net 500 m vanaf Hartenbos se seefront wat verskeie winkels, restaurante en 'n waterpark het.

Slaapplek

’n Bespreking by De Branders Woonstel No 67 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Jacuzzi
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Paardekraal Laan `, De Branders 67, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 800
Vanaf R1 260
per nag (plek vir 4)
was R1 800
Vanaf R1 260
per nag (plek vir 4)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
was R1 800
Vanaf R1 260
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paardekraal Laan `, De Branders 67, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8842a850d64cbd87fe1bf879820158a0984bf62ef2ce9101c1babcbc5fc0fc99621ad065339cb50485b0c841aed28d3c1845?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 800, nou Vanaf R1 260  per nag (plek vir 4) 0 5 1 0 Paardekraal Avenue De Branders 67 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.123898267163 22.119741889584
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za