Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Goede Hoop Farmstead

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R43, Wilgerhof-plaas, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 400 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

De Goede Hoop Farmstead is in die Breederiviervallei tussen Worcester en Villiersdorp. Dit is op ’n plaas waar wyn, pere, appels, waatlemoene en spanspek wat regverdig verhandel word, verbou word.

Hierdie is ’n ruim selfsorghuis wat verblyf aan tot 8 gaste bied. Dit beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, ’n kombuis en ’n sitarea. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-hemelbed en daar is ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort en ’n buitestort vir 2 gaste. Die tweede slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en maak gebruik van ’n badkamer met ’n stort en bad. Die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en gaste deel die badkamer wat ’n stort en toilet het.

Die moderne kombuis is met ’n gasstoof, elektriese oond, dubbelyskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word. Daar is ook ’n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Komplimentêre wyn, varsgebakte brood, koffie, tee, suiker, botter, konfyt, beskuit, olyfolie en seisoenale vrugte word voorsien.

Gaste kan in die sonnige sitarea en die tweede sitarea met ’n kaggel en TV ontspan. Die leefarea lei na ’n onderdakbraai, en daar is ’n vuurput en ’n Kolkol-houtvuur-warmbad wat ’n uitsig oor die area bied. Daar word 3 komplimentêre sakke hout voorsien en ekstra hout kan op die plaas gekoop word.

Gaste kan op die plaas stap, fietsry, visvang in die plaasdam en voëlkyk. Wildritte met sonsondergang kan ook op versoek en teen ’n ekstra koste bespreek word.

Daar is ook verskeie wynkelders om te besoek in die area, soos BC Wines, Eagles Cliff-wynlandgoed en Aan de Doorns-kelder. Gaste kan ook Klipbokkop besoek, ’n bootrit op die Breederivier geniet of waterski by die Kwaggaskloofdam.

Slaapplek

’n Bespreking by De Goede Hoop Farmstead sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 7 resensies vir De Goede Hoop Farmstead
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Christine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Jaar gelys 2

Ligging

  • Langs die R43, Wilgerhof-plaas, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Goede Hoop Farmstead het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R5 400
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R5 400
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R43, Wilgerhof-plaas, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA92d98614850406d24d76fe651dfbb23308fcf6917b2ee26695a93b7b7d7ba3ed4ed10a3df06df0634f10faf32ff91d59e53b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 400 per nag, vir 8 mense 7 5 1 5 Off the R43 Wilgerhof Farm 6850 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.823932 19.438819
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem