De Oude Meester Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Oude Meester Guest House is geleë langs Treasure Beach, een van die min afgesonderde strande. Dit is ideaal vir hengelaars en besoekers wat net 'n bietjie wil ontspan. Die gastehuis staan 300 m bo die see met pragtige, panoramiese uitsigte oor die veilige, ongerepte strand.

Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie of 'n rustige wegbreek. Die winkelsentrums is sowat 10 minute se ry van die gastehuis af.

De Oude Meester Guest House het 4 slaapkamers wat toegerus is met en suite-badkamers. Drie van die slaapkamers is aan die see se kant. Die kamers is smaakvol versier en toegerus met baie gerieflike dubbelbeddens waarop gaste aan die slaap kan raak met die suisende see in die agtergrond. Die kombuis is volledig toegerus en die sitkamer is snoesig. Dit is die ideale huis met al die nodige luukshede soos 'n TV (DStv) in elke kamer, mikrogolf, yskassie, ketel, broodrooster, strykyster en strykplan, waaier, braaiplek en veranda waarop jy kan ontspan. 'n Daaglikse skoonmaakdiens en vars handdoeke word voorsien.

Die gastekamers kan ook as 'n tweeslaapkamer-selfsorgkothuis met 'n kombuis, eet- en sitarea bespreek word. Daar is 'n skakeldeur wat die kamers skei en dit in 2 selfsorgeenhede omskep.

Dit is ook ideaal vir klein konferensies - groepe van tot 6 word geakkommodeer. Etes kan voorsien word, mits dit vooraf gereël word. Veilige parkering is beskikbaar op die perseel. As jy gelukkig is, sal jy dalk selfs 'n paar dolfyne tussen die golwe gewaar. Durban se winters is absoluut fantasties. Avontuurlustige persone kan met die 300 trappe afklim deur die bos tot by by strand en hulself verlustig in die ekosisteem.

Ook beskikbaar as 'n oopplan-selfsorgateljee. Dit het 2 dubbelbeddens, 'n en suite-badkamer, 'n kombuis en 'n beskutte privaat patio met 'n braai-area. Daar is 'n see-uitsig van die patio af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Oude Meester Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za