De Poort Country Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Poort Country Lodge is versteek in die hartjie van die Kango-vallei met pragtige uitsigte oor die berge en vallei. Dit is lekker afgesonder en word omring deur berge en wildplase. Die lodge is net 15 km van Oudtshoorn af en is op die pad na die Kangogrotte, Kango Wildlife Ranch en Kango Volstruisskouplaas.

Veilige en gerieflike verblyf word aangebied in 6 en suite-kamers, gesinskamers wat slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders bied, dubbelkamers en kamers met 2 enkelbeddens. Al die kamers het 'n aparte privaat ingang met sy eie patio. 'n Privaat boma en braaigeriewe is vir elke kamer beskikbaar.

Die bekoorlike Karoo Kothuis is 'n aparte drieslaapkamerkothuis wat in die 1800's gebou is. Die kothuis staan apart van die ander kamers en spog met 2 stoepe met verskillende uitsigte van die vallei, 2 badkamers, 'n kombuis, 2 sitareas, onderdakparkeerplek en dis naby die swembad. Die kothuis het slaapplek vir 8 gaste.

Daaglikse skoonmaakdienste is beskikbaar van Maandae tot Saterdae en linne, handdoeke, sekere toiletware, koffie en tee word voorsien. Al die kamers is toegerus vir selfsorgdoeleindes, maar ontbyt is op versoek beskikbaar.

Gaste is welkom om die unieke privaat buite-boma's te gebruik. Die braai-boma's is by die swembad of in die berg. Ontspan lekker rondom die braaivleisvuur terwyl jy na die kabbelende Grobbelaarsrivier luister. ONs verkoop vleispakkies, hout, aanstekers, slaaie en braaibroodjies.

Oudtshoorn Guest Farm verseker onvergeetlike verblyf in 'n pragtige, landelike omgewing. Die lodge word besit en bestuur deur Paul en Elna Coetzee wat regstaan om jou hartlik te verwelkom met egte Klein Karoo-gasvryheid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Poort Country Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za