De Swarte Mossel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Swarte Mossel is 'n selfsorg-gastehuis in die rustige, afgeleë dorpie, Hondeklipbaai. Dié dorpie het 'n 14 km lange kuslyn waar 'n ware Weskus-gevoel heers en jy selfs op die strand kan braai. De Swarte Mossel bied buitengewone selfsorgverblyf en is die perfekte basis vir gaste wat dié besonderse area wil verken.

De Swarte Mossel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan-leefarea met al die nodige luuksheid. Die gastehuis is volledig toegerus en beddegoed, handdoeke, eetgerei, breekware en kombuistoebehore word voorsien. 'n oond, ketel, broodrooster, vrieskas en 'n yskas is beskikbaar. Die leefarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n binnenshuise braai-area.

De Swarte Mossel-gastehuis spog met 'n pragtige dek wat asemrowende uitsigte oor die Atlantiese Oseaan bied en dis die perfekte plek om aan 'n smullekker skemerkelkie te teug. Die huis is volledig omhein en parkeerplek is in 'n motorhuis beskikbaar. Die gastehuis is troeteldiervriendelik.

Let asb. dat daar 'n grondpad na die gastehuis is, wat beteken dat gaste oor die toestand van die pad navraag moet doen voordat hulle bespreek.

Slaapplek

'n Bespreking by De Swarte Mossel sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Swarte Mossel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false