Agulhas Akkommodasie by De Waal Drive 16 | LekkeSlaap
+28

De Waal Drive 16

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Waal-straat 16, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 994 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

De Waal Drive 16 is 'n bekoorlike selfsorghuis slegs 150 m van die strand af. Dit is die ideale verblyfopsie vir 'n groot gesin of 'n groep vriende en bied slaapplek aan 9 mense. Dit is ook naby visvang- en duikplekke.

Dié huis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer beskik elk oor 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, 'n mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die oopplan-leefarea het oorgenoeg sitplek, 'n eetarea en 'n kaggel. Dit lei na 'n tweede sitkamer met 'n platskerm-TV. Gaste kan gerus hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart bring.

Daar is 'n groot stoep met 'n uitsig oor die see en 'n beskutte tuin met braaigeriewe.

Struisbaai het 'n skilderagtige strand wat 14 km lank is. Dit strek van Struisbaai tot by Arniston. Die strand is ideaal vir watersport soos kajak, bootvaart, branderplankry, lyfplankry, visvang, vlieërbranderry, lekker langs die strand stap, skulpe optel en walviskyk. Kyk ook uit vir die pragtige, reuse pylstertvisse wat in hierdie waters voorkom - sommige van hulle is tot 2 m lank!

Slaapplek

’n Bespreking by De Waal Drive 16 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Tripelstapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
1 xTripelstapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 10 resensies vir De Waal Drive 16
Netheid
4.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • De Waal-straat 16, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Waal Drive 16 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 994
per nag (plek vir 11)
Vanaf R1 994
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Waal-straat 16, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMwNjUwNzZmLWNmNmEtNGNhMS1hODUwLWU5ZGRlZDgzNjMzOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 994  per nag (plek vir 11) 10 5 1 5 16 De Waal Street Struis Bay 7285 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.81123119501 20.052714943886
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za