Oude-Rest
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 4 Apr 2024 tot 13 Jun 2024.
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 100R880 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Oude-Rest is 'n gerieflike selfsorgwoonstel met 'n aparte ingang op die eienaar se perseel wat in die hartjie van Oudtshoorn geleë is. Dit bied die ideale wegbreek aan 'n klein gesin of gaste wat net opsoek is na 'n wegbreek uit die stad.
Die woonstel is geskik vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed. 'n Kamp-kot is ook beskikbaar op aanvraag. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. 'n Wasmasjien en klere-droograk is ook beskikbaar (gaste moet hul eie waspoeier voorsien). Daar is 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n sitarea met twee rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die eenheid lei na 'n onderdakstoep met privaat buitebraaigeriewe. Gaste het toegang tot onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Oudtshoorn bied verskeie aktiwiteite soos stap- en voetslaanpaaie, bergfietsroetes en 4x4-roetes. Gaste kan ook die Kangogrotte, volstruisplaas, die Kango Wildsplaas, CP Nel- en die CJ Langehoven-museum besoek.
Slaapplek
’n Bespreking by Oude-Rest sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Marietjie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Jaar gelys 2
Ligging
- Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
- Gaste dink Oude-Rest het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oudtshoorn Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom