Dekkersvlei Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dekkersvlei Guesthouse is net buite die Paarl en bied gerieflike en gehalte-verblyf. Die gastehuis is op 'n rustige sitrusplaas binne maklike bereik van die dorp. Dit is die ideale bestemming vir sakereisigers, trouegaste, en ouers wat hulle kinders na sportgeleenthede vergesel.

Dié verblyf beskik oor 3 skoon en ruim selfsorgkamers met slaapplek vir 8. Elke kamer het 'n TV met volledige DStv. Die eenheid beskik elk oor 'n sitarea en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n volledig toegeruste kombuisie met 'n ketel, yskas, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei en breekware. Elke eenheid het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Badhanddoeke en komplimentêre toiletware word voorsien.

Die eenhede word daagliks skoongemaak en elk het 'n privaat braai-area.

Dekkersvlei Guesthouse het 'n onthaalarea waar ontbyt bedien word. Gaste wat Harley Davidson-entoesiaste is sal die uitstalling in die onthaalarea geniet.

Daar is veilige parkeerplek is op die perseel.

Vang-en-vrylaat visvang is op die plaas beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dekkersvlei Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za