Del Su Me 11 - Holiday Accomodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Del Su Me 11 bied selfsorg-akkommodasie in 'n gerieflike drieslaapkamerwoonstel teen die strandmeer in die middel van Margate. Del Su Me 11 is op die eerste vloer van 'n veilige kompleks geleë. Dis na aan die gemeenskaplike swembad en 400 m se stap van die strand af.

Daar is 3 dubbelkamers: 2 kamers met dubbelbeddens, en 1 kamer met 2 enkelbeddens wat saam geskuif kan word. Die hoofbadkamer het 'n bad en die tweede badkamer 'n stort. Die sitkamer is gerieflik gemeubileer en beskik oor 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, 'n oond en 'n stoof, 'n mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Die oopplan-kombuis en -sitarea lei na 'n stoep buite met 'n tafel en stoele, sowel as uitsigte oor die strandmeer. Gaste geniet toegang tot die gemeenskaplike swembad, die gemeenskaplike braaigeriewe en 'n kluis. Die eiendom is veilig met 'n elektriese heining en 'n elektriese hek. Veilige onderdakparkeerplek word voorsien en die eenheid het Trellidor-hekke voor al die deure.

Del Su Me 11 is naby die dorp waar 'n verskeidenheid restaurante en winkels aangetref kan word. Daar is ook 'n kermisterrein naby. Doendinge in die omgewing sluit in: rolbal, kanovaart, visvang, gholf, muurbal en 'n bioskoop. Daar is mediese geriewe minder as 5 km weg. Margate is bekend vir sy pragtige strande, natuurlike woude, subtropiese klimaat en naglewe. Buiten die strande bied Margate ook uitstekende toestande vir skubaduik en snorkel. Ander doendinge sluit in: branderplankry, diepseehengel en gholf. Riverbend Krokodilplaas is minder as 15 km weg en Pure Venom Reptile Park is minder as 12 km weg. Hier kan jy abseil, haaihokduik, perdry, reksprong, in 'n mikrovliegtuig of helikopter vlieg, 4x4-roetes aanpak, fietsry en nog baie meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Del Su Me 11 - Holiday Accomodation sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Del Su Me 11 - Holiday Accomodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za