Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Perdestal

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Martelize Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Maande gelys 8

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Die Perdestal
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Ronel V - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronel V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die Perdestal bied uitstekende akkommodasie op 'n plaas, jy sal dit baie geniet.

Die Perdestal is in Napier geleë, wat dit die ideale afskopplek maak om die omgewing te verken. Die akkommodasie bestaan uit 'n oopplan-area waar die sitkamer, eetkamer, kombuis en kaggel/braai-area is. Daar was opwasseep, waslappe en afdrooglappe by die wasbak in die kombuis. Die kombuis is toegerus met nuwe elektriese toerusting: yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, pragtige breekware en het alles wat jou verblyf gerieflik maak. Die eetkamertafel is net langs die kaggel/braai-area, wat dit 'n uitstekende kuierplek maak. Hout was voorsien, maar ons het ons eie hout saamgevat. Die eenheid loop uit op 'n groot stoep met 'n tafel en stoele om by te sit en te eet, as jy buite wil sit, of net om die natuurskoon te bewonder. Die deur vou heeltemal oop om die hele leefarea oop te maak. Jy voel amper jy sit buite, maar tog binne. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Handeseep was voorsien by die wasbak. Die stortkop kan dalk vervang word vir 'n lekkerder stortervaring en waterbeheer. Die gasgeiser het gesorg dat daar altyd vuurwarm water was vir stort en skottelgoed. Tee, koffie, suiker en melk was voorsien, maar ons het ons eie saamgebring. Gratis WiFi was beskikbaar en het lekker gewerk. Ons was bederf met 'n varsgebakte broodjie, botter en vyekonfyt wat die gasvrou self gemaak het, asook koeksisters in die yskas. Dit was heerlik en was so gasvry van die gasvrou om ons ervaring uniek en aangenaam te maak. Let wel: Die water kom uit 'n rivier en kan dalk bruin voorkom. Daar was wel 'n houer met drinkwater voorsien. Ons het ons eie gebottelde water saamgebring. Ons het ons naweek baie geniet en ons kan Die Perdestal aanbeveel vir 'n uitstekende ervaring, en ons is binnekort weer terug. Die akkommodasie is dierevriendelik en die hele area is omhein, wat maak dat jou hondjie veilig is. Jy kan ook jou motor reg voor die eenheid parkeer wat jou in- en uitpak gerieflik maak. Dit was 'n heerlike naweek wat ons nie gou sal vergeet nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R316, Mierkraal Plaas, Napier, 7270, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1586dca23bd44d25822e1e48c82225a518ae438266110abe38f7e97f66c23fd3926134ac93e70d875e722eb4ba577fa4a560?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 R316 Mierkraal Farm 7270 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.436673210879 19.858150037798
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem