'Die Rotse' Host House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Rotse Host House & Self-Catering is in Kusweg in Kleinmond in die Wes-Kaap geleë. Dié eiendom front na die see in 'n rustige doodloopstraat en grens aan die natuurreservaat. Daar is 'n natuurlike getypoel waar gaste kan swem sowat 40 m weg. Gaste kan ook die unieke ekosisteem van Kelpwoud verken.

Daar is 2 drieslaapkamer woonstelle wat volledig toegerus is en staan bekend as Spykerklip en Drievis. Drievis is op die onderste verdieping en Spykerklip is op die boonste verdieping.

Spykerklip het 'n en suite-hoofslaapkamer met 'n see-uitsig en 2 slaapkamers met 'n uitsig op die Kogelbergreeks. Die twee kamers deel die tweede badkamer. Al die slaapkamers het 'n verlengde balkon. Die kombuis is volledig toegerus en het 'n uitsig oor die see en op die berg.

Drievis is op die onderste verdieping en het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n see-uitsig en 'n en suite-badkamer met 'n instap stort, 'n toilet en 'n wasbak. Dit lei na 'n patio wat oor die see uitkyk. Daar is ook 'n moderne badkamer met 'n antieke vrystaande bad en 'n stort wat dien as die tweede en derde slaapkamers se badkamer. Die oopplan-kombuis en -leefarea lei na 'n patio met 'n see-uitsig en 'n grasperk wat grens aan die natuurreservaat.

Die 2 woonstelle deel 'n groot gemeenskaplike braai-area wat volledig toegerus is en sluit 'n draagbare braai-eenheid en speelarea vir kinder in. Daar is ook 'n buitetoilet en 'n wasbak. Gaste het toegang tot 'n dubbelmotorhuis wat plek het vir 'n skiboot en 2 voertuie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 'Die Rotse' Host House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za