Beaufort-Wes Akkommodasie by Die Skooltjie | LekkeSlaap
+19

Die Skooltjie

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 33 resensies vir Die Skooltjie
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5
Belinda L - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Belinda L
Gesin met klein kinders

Oase in die dorre Karoo.

Wat 'n aangename ervaring. Karoo-gasvryheid op sy beste. Eienaars gaan uit hul pad om gaste welkom en tuis te laat voel. Ouwêteldse sjarme bring weer rus vir die siel. Die kinders het die diere en uitstappie op die perd baie geniet. Sal beslis weer besoek.

Sm M - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sm M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Karoogasvryheid en plaasatmosfeer.

Wonderlike en persoonlike gasvryheid. Het so tuis gevoel en heerlik gekuier met beide Lateitia en Josh wat uit hul pad gaan om seker te maak dat gaste gelukkig is. Pragtige ou kothuis, baie mooi en netjies met soveel ekstras. Kuier meer as een aand.

Jaco R - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflike vriendelike mense! Pragtige plek! Sal nie weer verby ry nie!

Volgende keer ook langer as 'n aand slaap!

Wimpie L - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wimpie L
Gesin met klein kinders

Pragtige en rustige plekkie in die Karoo.

Ons was aangenaam verras met hierdie pragtige huisie op 'n plaas buite Beaufort Wes. Rustige en skoon verblyf vir 'n billike prys.

Tersia V - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tersia V
Saam met vriende

Wonderlik.

Dit is so 'n pragtige plek. Die eienaars is so vriendelik. Hulle laat 'n mens belangrik voel en maak seker dat ons alles het wat ons nodig het. Is altyd beskikbaar. Ek beveel hulle beslis aan.

Gustav B - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gustav B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderlike wegbreek na 'n saligheid onbeskryflik met vriendelike gashere.

'n Wonderlike wegbreek vir die moeë siel met pragtige skoon en netjiese geriewe. Die gasvrou en gasheer staan reg om alles perfek te hê vir reisigers wat aankom. Alles is skoon en werk perfek, en die privaat braaigeriewe maak vir 'n wonderlike ontspangeleentheid. Sal graag vir 'n paar dae daar gaan afsaal. Mens moet egter bewus wees daarvan dat die 5 km-grondpad tot op die werf 'n uitdaging kan wees vir laer tipes motors, maar nie heeltemal ontoeganklik nie - ry net stadig en versigtig.

Elsabet P - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elsabet P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike plaaservaring!

Pragtige en baie netjiese boerdery. Lekkerste skaaptjoppies wat ons in 'n lang tyd geniet het!

Ilani J - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ilani J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Mooi plaashuisie.

Het 'n eerlike aand gehad by Die Skooltjie. Baie mooi plaas, het 'n geleentheid gekry om die lammetjies melk te gee. Baie vriendelike eienaars. Sal weer 'n draai maak.

Juanita K - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Juanita K
Gesin met tieners

Fantastiese tyd by ongelooflike dierbare mense.

Lekkerste verblyf ooit!! Baie dankie vir al die gasvryheid, die pragtige, rustige eenheid. Vreeslik lekker gerus en ontspan! Wees geseënd!

Juanita K - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Juanita K
Gesin met tieners

Fantastiese en rustige verblyf vir enige gesin wat wil wegkom van die gejaag van die lewe.

Dit is beslis die beste bestemming waar ons nog ooit oorgebly het. Dit was 'n belewenis! Netjies, skoon, uniek, vriendelike ontvangs, pragtige uitsig met pragtige mense. Ons sal definitief weer daar kuier. Baie dankie vir al julle moeite en gasvryheid.

Nicoleen R - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicoleen R
Saam met vriende

Rus en vrede in die Karoo, met die mooiste sonsopkoms.

Dit was vir ons as 'n vriendegroep 'n wonderlike wegbreek om oor te bly by Die Skooltjie. Die plek is so stukkie hemel op aarde, waar jy die Karoo op sy mooiste sien! Ons was bederf met die mooiste sonsopkoms en het veral die plaaskombuis en die vuurmaakplek geniet terwyl die ganse in die sementdam reg langs ons geswem het. Die enigste teleurstelling was dat ons so gou weer moes totsiens sê. Kan nie wag om weer terug te gaan nie.

Marius P - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marius P
Gesin met klein kinders

Baie oulik.

Ons het dit baie geniet en die eieneaar het ons meisiekind bederf om die diere kos gee!

Botha T - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Botha T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige en netjiese kothuis met Dover-stofie.

Ons het die Skooltjie baie aangenaam ervaar. Die plekkie is mooi skoon en die geriewe maak dit 'n regte plesierige Karoostop. Lekker braai-area buite en ook kaggeltjie binne vir die koue aande. Ontvangs was vriendelik en warm.

Vanessa H - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Vanessa H
Saam met eggenoot / lewensmaat

We loved it!

We loved the history of the building and how beautifully it has been renovated and maintained. The wood burning stove is awesome. Such a peaceful, quiet setting. The hot and cold tap markers show the thought that has gone into the building and made us giggle. Very friendly hosts!

Johannes P - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Johannes P

Lekker Karoo-ervaring.

Vriendelik ontvang. Verblyf baie netjies. Sal weer daar oornag.

Hester V - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hester V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflik besonders.

Duisende dankies vir alles! Dit was ongelooflik lekker en 'n baie aangename change of scenery! Steynkraal en die skooltjie is 'n juweel van 'n plek! Sien weer!

Marietha S - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marietha S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Perfek vir 'n paartjie, gerieflik naby die N1 op 'n werkende plaas vol gasvryheid.

'n Plek met 'n hart, niks is afgeskeep nie. Ons het nie soveel karakter en detail verwag nie. Dis was 'n uitstekende keuse om daar te bly. Kan dit baie sterk aanbeveel.

Suzanne D - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Suzanne D
Gesin met klein kinders

Stukkie hemel op aarde!

Sjoe, wat 'n voorreg om by Jos en Laetitia te kon kuier by Die Skooltjie! Dié geboutjie van ouer as 100 jaar is so nice ingerig en mooi gemaak. Heerlike kombuis, sagste beddegoed en handdoeke wat vir dae lank lekker ruik! Die nuwe yster stofie werk soos 'n bom en maak die huisie heerlik warm met sy hout stukkies so groot soos Duplo blokkies! Buite braaikaggel so lekker beskut op die stoepie teen die koue Karoo-wind, met die stok ou peperboom styf teen muur van die ou gebou. En watter 'n lekkerte as 3 Musketiers kom hello sê het: Rosie, die koei'tjie, Klapper die skaap en Kallie die kalf (hans groot gemaak). 'n Móét vir oorslaap, ten minste 3 nagte, op pad Noorde toe. Gaan ry dan 2 dae in die Karoo Park ook rond, want dis net so 21 km weg.

Elize V - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elize V
Saam met vriende

Baie lekker!

Was baie lekker gewees. Dis 'n baie mooi plekkie, jy voel sommer dadelik tuis by die skooltjie.

Marguerite M - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marguerite M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike wegbreek.

Die Skooltjie is 'n moet om by te bly. Die werf is baie netjies en die huis is ingerig met als wat jy moontlik kan nodig hê, en meer! Elke detail is aan gedink. Met ons aankoms het die houtstofie reeds heerlik gebrand, wat 'n bederf! Ek sal beslis Die Skooltjie aanbeveel vir enigeen, veral as jy kinders het. Die hanskalf het vir ons geselskap gehou terwyl ons buite gebraai het, en daar is verskeie ander plaasdiere reg op jou agterstoep. Ons sal weer gaan kuier!

Nicola F - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Nicola F
Gesin met klein kinders

Heerlike plaas-ervaring.

Baie vriendelik, alles wat jy nodig het, net 'n stukkie grondpad om tot by die huisie te kom.

Christel V - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christel V
Gesin met klein kinders

Pure plaasplesier!

Een van ons lekkerste oornagbestemmings nóg! Pure plaasverblyf en gasvryheid uit die boonste rakke. Dit het sommer soos huis gevoel en Laetitea en Jos het uit hul pad gegaan om die verblyf ekstra spesiaal te maak, al was dit net vir 1 nag. Wens ons kon langer bly!

Adri E - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adri E
Enkelreisiger

Doodstil, baie gemaklike bed, baie stylvol toegerus.

Dit was heerlik om daar te rus na 'n baie lang rit. Laetitia en Jos is baie gasvry en die akkommodasie is baie gemaklik en pragtig en stylvol. Ek wil beslis weer gaan.

Cornelia S - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cornelia S

Baie netjies, skoon en pragtige plekkie.

Baie vriendelike gasvrye mense. Netjies en ons het baie lekker geslaap. Rustige plaasatmosfeer. Sal definitief weer daar oornag.

Izak K - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Izak K
Enkelreisiger

Salig in die Karoo!

As jy nie saam met ander mense ingehok wil voel in ‘n gastehuis nie, dan is Die Skooltjie vir jou. Sodra jy die N2 verlaat en die kronkelpaadjie volg begin jou plaaservaring. Die Skooltjie-kothuis is so 100 m vanaf die plaasopstal. Jos en Laetitia ontvang jou hartelik. Die gras voor die huis is so groen soos op die foto, jy wil net plat op jou rug gaan lê en alles inneem. Die binnekant het ‘n lekker rustic gevoel en die dekor is stylvol. Die agterste stoep is ‘n heerlike kuierplek wat braai skreeu met die plaasdam neffens jou. Soos die son sak omvou die Karoo jou in haar sjarme. Die hemelruim is vol van die blinkste sterre en die spektakel geniet jy met die komplimentêre sang van die besies. Soos die son opkom is die tipiese plaasgeluide van wakker word baie gerusstellend. Ek sal maklik in stilte by Die Skooltjie gaan vertoef vir ‘n paar dae en nie net oornag nie. So, pak jou boeke en penne en papier en gaan geniet ‘n skoolervaring soos min.

Andre J - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre J
Gesin met klein kinders

Ongelooflik.

Dit was een van die mees gedenkwaardige plekke wat ek al ooit besoek het. Die gasheer en gasvrou is ongelooflik vriendelik en behulpsaam en sout van die aarde mense. Ligging op die plaas is perfek. Ons as gesin het ongelukkig net een nag hier oornag en ek sal Die Skooltjie enige tyd aanbeveel. Ek sal beslis weer 'n draai maak as ek in die omgewing is. Dankie Jos en Laetitea, hoop om julle gou weer te sien.

Francois M - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francois M
Gesin met klein kinders

Die perfekte oornag stop in die Karoo.

Wat 'n wonderlike tyd het ons nie gehad nie. Die kinders het perd gery, met 'n hanslammer gespeel, ganse gevoer en `n ongelooflike tyd gehad. Jors was die perfekte gasheer. Ons het gebraai onder die sterre, met die geluide van die Karoo om ons. Alles was perfek gewees. Ons sal definitief weer hier bly.

Edna A - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Edna A
Saam met vriende

Uitstekende waarde vir geld!

Ons het ons verblyf ontsettend geniet en was eintlik spyt dat dit net vir een nag was. Die geskiedkundige plekkie is uitstekend ingerig, netjies, skoon en alles en nog meer wat jy nodig het. Ons was baie vriendelik ontvang en het baie spesiaal gevoel met al die ekstratjies wat tot ons beskikking was. Die stilte en skoonheid van die omgewing het ons regtig beïndruk. Ons kan eintlik nie wag om weer daar oor te slaap nie.

Shana S - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Shana S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflike positiewe ervaring.

Ek beveel aan dat enige persoon wat van en na die Kaap via Beaufort-Wes reis, by Die Skooltjie moet oorslaap. Dit gaan jou as mens verryk. Meer kan ek nie sê nie. Gaan en gaan kyk self. Jy sal nooit spyt wees nie. En ek het die mooiste foto's van my lewe daar geneem. En as jy van 'n skaaptjoppie hou, koop asseblief so paar by die eienares om die aand daar te braai.

Kobus V - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kobus V
Saam met vriende

Absoluut fantasties gewees, die stilte was oorverdowend, net wat ons verlang het.

Dit was 'n wonderlike ondervinding om hier tuis te gaan, die hemelruim was iets om te aanskou en die stilte was slegs onderbreek deur skapies wat blêr, ganse en hoenders, wat 'n fees. Ons het ook die geleentheid gehad om in 'n sementdam te kon swem saam met die visse en die ganse. Die plekke is werlik volledig toegerus vir self catering en om te ontspan. Ek sal beslis weer daar oornag as ek in daardie rigting ry en kan die plekke beslis aanbeveel vir enige persoon wat lief is vir die natuur en van baie stilte hou. Die ontvangs was puik en daar is na al ons behoeftes omgesien. Hoop om julle weer eendag te besoek. Nogmaals baie dankie, julle het absoluut 'n wenner plekkie daar in die Karoo. Sterkte en alles van die beste.

Hennie G - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hennie G
Gesin met tieners

Fantastiese ondervinding!

'n Wonderlike verblyf op die lang pad tussen die Noorde en die Kaap! Nie net die fantastiese fasiliteite nie, maar ook 'n Karooplaas-ervaring en gasvryheid uit die boonste rakke. Die beskutte braai-area en vuurpit roep vir lang kuiers onder die sterre. Ons sal definitief terug gaan vir 'n vol winterwegbreek om die omgewing en veral die fossiele beter te verken. Ons beveel die Skooltjie sonder enige voorbehoud aan!

Babs K - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Babs K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Hoogs aan te beveel - uiters keurig met wonderlike gasvryheid.

Wonderlike gasvryheid en baie aandag gegee aan klein dingetjies om ons verblyf so gerieflik moontlik te maak. Die heerlike Karoobraaipak is ‘n moet en die rustigheid van ‘n Karooplaas is net wat nodig is na ‘n lang reis!

Zak L - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Zak L
Gesin met klein kinders

Rustige, veilge omgewing met heerlike braaigeriewe.

Ons het die heerkike gasvryheid van Jos en Laetitea baie geniet. Die kospak met skaaptjops kan ek aanveveel. Tjops het presies die regte hoeveelheid vet. Karoolam bly bo. Hou in gedagte daar is 4 km-grondpad na die verblyf.

Vanaf R980
per nag (plek vir 4)
Vanaf R980
per nag (plek vir 4)
Vanaf R980
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N1, Plaas Steynskraal, 23 km vanaf Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf87b902e9dd43b9bb1b1ccd55a6e34ec2a8269f8bcb3145912e1e42782ca3a0148852474e7cefb9531f855b4954f16939b51?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R980  per nag (plek vir 4) 33 5 1 5 N1 Plaas Steynskraal 6970 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 11:00 -32.486609 22.400659
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za