The Vogue - Villa - Timeless Elegance
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Reenenstraat 28, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
The Vogue - Villa - Timeless Elegance se ou Kaapse boustyl van die vroeë 1900's bied 'n tydlose ervaring uit toentertyd se dae met moderne geriewe en is in die Kaapse Wynlande geleë. Gaste kan die asemrowende natuurskoon van die Kaapse Wynlande hier geniet. Dit is die ideale basis om die Robertson-wynvallei te verken en hier kan gaste wynproe en die wynmaakproses leer ken. Die roete vorm deel van die langste wynroete in die wêreld.
Verblyf word aangebied in 'n huis met 5 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Gaste vind slaapplek in die 4de kamer op 'n koninggroote bed, terwyl 'n stapelbed 2 mense in die 5de kamer huisves.
Die kombuis is die hartjie van die huis en dit is ruim en ten volle toegerus. Kos kan voorberei en geniet word by die groot eetkamertafel. Die kombuis is met 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas, vrieskas, ysmaker en skottelgoedwasser toegerus. Alle eetgerei en breekware word voorsien. Daar is ’n wasmasjien en tuimeldroër in die waskamer. 'n Instapspens bied genoeg spasie vir kruideniersware. Die kombuis het ook ’n koffieperkoleerder en ’n Nespresso-masjien. Koffiekapsules, tee en suiker word voorsien.
Die verblyf se studeerkamer is geskik vir sakereisigers en het ’n lessenaar en WiFi.
Die TV- en sitkamer bied die geleentheid om rustig te ontspan na ’n besige dag van rondrits.
Daar is veilige parkeerplek vir ongeveer 3 motors in 'n toesluitmotorhuis. Ses motors kan gemaklik buite die motorhuis parkeer waarvan die parkarea goed verlig is met 'n elektriese heining.
Slaapplek
’n Bespreking by The Vogue - Villa - Timeless Elegance sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Elmarie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 34
Jaar gelys 3
Ligging
- Van Reenenstraat 28, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Gaste dink The Vogue - Villa - Timeless Elegance het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Robertson Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Reenenstraat 28, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom