Diep Ini Bos

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Diep Ini Bos is net 30 km noord van Zeerust en bied verblyf in chalets en op kampeer- en karavaanstaanplekke op pad na Gaborone.

Gaste kan 'n selfsorg-chalet of een van die kampeer- en karavaanstaanplekke bespreek. Die chalets het elk 3 kamers en 'n privaat badkamer. Daar 2 slaapkamers met lugversorging en dubbelbeddens en die derde kamer het 2 enkelbeddens en 'n plafonwaaier. Elke chalet is toegerus vir selfsorg met 'n kombuis met 'n yskas, stoof, oond en 'n mikrogolfoond. Braaigeriewe is ook beskikbaar by elke chalet.

Die kampeer- en karavaanstaanplekke het elk slaapplek vir 6 gaste. Daar is 220 V-elektrisiteit en draagbare braaiers by elke staanplek. Die staanplekke deel die gemeenskaplike ablusieblok met warmwaterstorte.

Klein hondjies is welkom indien dit vooraf gereël word en op eienaars se eie risiko. Daar is baie wilde diere en slange op die plaas. Let wel, Diep ini Bos word met 'n grondpad bereik.

Gaste kan gaan swem, fietsry, stap, voëlkyk, die waterval besoek en 'n wildrit bespreek teen 'n addisionele koste om buffels, kameelperde, njalas en meer te sien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Diep Ini Bos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za