Arniston Akkommodasie by Dinky's Den | LekkeSlaap
+40

Dinky's Den

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R3 203 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Birdstraat 1, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Dinky's Den is op die strandfront in Arniston geleë en is 'n ruim vakansiehuis met slaapplek vir 8 gaste. Dit het direkte toegang tot die strand.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en badkamers met baddens en storte. Beddegoed word voorsien. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 3 kamers het 2 enkelbeddens elk.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet. Dié vertrek bied toegang tot 'n ingeboude braai-area wat oor die privaat binnehof kyk.

Die sitkamer het 'n TV met DStv en 'n kaggel en dit bied toegang tot 'n houtdek wat oor die see kyk.

Dinky's Den word daagliks vinnig skoongemaak en het 'n alarmstelsel met gewapende reaksie. Gratis WiFi is beskikbaar.

Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Let wel dat die motorhuis nie saam met die huis verhuur word nie.

Arniston het verskeie restaurante, lieflike strande, swemplekke, fietsryroetes, perdryroetes, bergfiets- en voetslaanroetes, visvanggeleenthede, walviskyk- en duikgeleenthede tussen die wrakke. Gaste kan ook die spa by Arniston Hotel en die Waenhuiskransgrotte besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Dinky's Den sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 3 resensies vir Dinky's Den
Netheid
3.7/5
Diens
4.3/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Birdstraat 1, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dinky's Den het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 203
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 203
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 203
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Birdstraat 1, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA244DtYE1cwXZyAUDW7sQbcrQEMCTDaKrvPwrs1ze3QggqDjNwB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 203  per nag (plek vir 8) 3 5 1 5 1 Bird Street Arniston 7280 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.670138225999 20.233261882278
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za