LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Dock Point Unit 1 | LekkeSlaap
+39

Dock Point Unit 1

2 resensies
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 17 Mei 2021 tot 31 Aug 2021.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Timeball Boulevard 31, Dock Point Eenheid 1, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 8
  • Vanaf R2 500 R2 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Dock Point Unit 1 pragtige opgeknapte, Edwardiaanse semi-losstaande huis. Dié huise is gebruik as verblyf vir kapteine van skepe wat in Durban vasgemeer het in die ou dae.

Die huis het elk 'n draagbare waaier en beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Kamer 1 het 'n koninggrootte-bed, Kamer 2 het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelstapelbed. Alle badkamers is op die boonste verdieping en lei na stoepe. Die hoofslaapkamer het ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, wasbak en toilet, en die tweede en derde kamers deel ’n badkamer met ’n stort-oor-bad, dubbelwasbak en toilet.

Die leefarea is onder en dit het lugversorging, die eetarea en kombuis wat volledig toegerus is, is ook onder. Die eetarea lei na ’n stoep en klein tuintjie met ’n plonspoel. Die sitarea het ’n TV met DStv. Daar is WiFi. 3 GB word gratis voorsien met aankoms. Dit is egter nie onbeperk nie. Gaste kan dit laat aanvul. Die huis is volledig toegerus. Alle linne, handdoeke en komberse word voorsien. 'n Gasbraai is beskikbaar en daar is 2 veilige parkeerplekke in die kelderparkeerplek. Die huis word skoongemaak tydens gaste se verblyf, kontak ons asb. indien addisonele skoomaakdienste benodig word. Gaste verkry toegang tot die eenheid via die voordeur of direk vanaf die kelderparkeerarea.

Die voorkant van die huis lei na die waterfront se kanaalsisteem. Die buurt is baie veilig met kameras op elke hoek van die strate.

Uber is beskikbaar, asook die People Mover-bus wat gaste na die Suncoast Casino en strand neem. Sowat 200 m se stap op die kanaal sal gaste na Ushaka se strandfront neem. Ushaka bied verskeie winkels en restaurante. Die Ushaka Marine World met sy akwarium en waterpark is ook daar. Die strand by Ushaka is bekend vir warm water wat ideaal is vir swem en branderplankry. Gaste kan lekker langs Durban se strand stap, fietsry of draf. Fietse is te huur by die strandfront. Die eenheid is so naby die strande en Ushaka, gaste sal glad nie eers hul motors hoef te gebruik nie.

Die eenheid is 3,5 km vanaf die hawe en die MSC-opklimpunt en slegs 3,4 km vanaf die Durban Exhibition-sentrum.

Slaapplek

’n Bespreking by Dock Point Unit 1 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Dock Point Unit 1
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Timeball Boulevard 31, Dock Point Eenheid 1, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Dock Point Unit 1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 500
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 6)
was R2 500
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Timeball Boulevard 31, Dock Point Eenheid 1, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 8
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcy3rt51S9Ch77MBO4Z0tWzzx88Jyrdf7L2VjnmLQRIhajWCsq2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 500, nou Vanaf R2 250  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 31 Timeball Boulevard Dock Point Unit 1 4001 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -29.870259325921 31.046913554041
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!