LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Dolphin View | LekkeSlaap
+18

Dolphin View

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Finnisstraat, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Dolphin View bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel in die Dolphin View-woonstel teen die see in Margate. Dit is stapafstand van die gewilde visvangpier af en gaste sal mal wees oor die eindelose uitsigte oor die hoofstrand en see. Die woonstel is op die derde vloer aan die seekant van die gebou en het uitstekende uitsigte.

Die agterkant van die kompleks grens aan die hoofstraat van die vakansiedorp en bied toegang tot 'n hele rits winkels, restaurante, kroeë en doendinge vir die gesin.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 enkelslaapbanke in die leefarea. Die badkamer het 'n bad en 'n stort. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond in. Daar is ook 'n ekstra diepvrieskas vir vis wat gevang is. Die leefarea beskik oor 'n etenstafel en stoele, en 'n sitarea met 'n TV met sekere DStv-kanale (gesinspakket). Die hoofslaapkamer en sitkamer het albei see-uitsigte en bied deur glasdeure toegang na 'n onderdakbalkon met 'n etenstafel en 'n ingeboude houtskoolbraai.

Die kompleks is veilig met 'n afstandbeheerde elektriese hek en die woonstel het 2 onderdakparkeerplekke. Linne word vir al die beddens en slaapbanke voorsien, maar gaste moet asseblief hulle eie strand- en badhanddoeke saambring. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar en onderhewig aan beskikbaarheid teen 'n ekstra koste. Die woonstel word voor gaste arriveer skoongemaak en word van gratis toiletpapier en seep vir die eerste dag voorsien. Alhoewel die woonstel privaat braaigeriewe het, is daar ook 'n gemeenskaplike area met grasperke vir kinders en meer sosiale vakansiegangers.

Slaapplek

’n Bespreking by Dolphin View sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 2 resensies vir Dolphin View
Netheid
4.0/5
Diens
3.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Finnisstraat, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Dolphin View het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (plek vir 6)
Vanaf R650
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Finnisstraat, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfURHtQFdVk7JRMZhMRmbH1aKcV6RL0KO1odx6lE24KwzPcLUQ3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (plek vir 6) 2 5 1 4 Finnis Road Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -30.865262915737 30.371060762937
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!