Doppersnes

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die onderneming bestaan uit 3 eenhede wat apart of as 'n geheel bespreek kan word:

1. Doppersnes: 'n ten volle gemeubeleerde tweeslaapkamerhuis;
2. Anneks: 'n ten volle gemeubeleerde tweeslaapkamerwoonstel;
3. 'n Houtkothuis ("bachelor") wat by een van die boonste twee gevoeg kan word.

DOPPERSNES

'n Volledig toegeruste tweeslaapkamerhuis met 2 badkamers (die een het 'n bad en die ander een het 'n stort). Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die gastekamer het 2 aparte enkelbeddens. Die kombuis is goed toegerus (bring asseblief jou eie vadoeke) met 'n wasmasjien, aparte vrieskas en tuimeldroër. Daar is 'n aparte eetkamer langs die sitkamer. die huis is ook toegerus met 'n DStv-skottel so gaste is welkom om hul dekodeerders saam te bring. Hierdie knus eenheid beskik ook oor 'n groot braaiplek buite wat verskans is teen die elemente. Gaste kan hierdie area ook gebruik vir parkering. Bring asseblief jou eie lakens, duvet-oortreksels en handdoeke saam. Duvets en komberse word voorsien.

ANNEKS

'n Volledig gemeubeleerde tweeslaapkamerwoonstel met 1 badkamer (net stort). Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die gastekamer het 2 aparte enkelbeddens. Die kombuis is goed teogerus (bring asseblief jou eie vadoeke). Hierdie snoesige eenheid het 'n oopplan-leef/sitkamer met 'n TV (geen DStv). Daar is 'n lekker buitebraai wat beskut is teen die elemente. Bring asseblief jou eie lakens, duvet-oortreksels en handdoeke. Duvets en komberse word voorsien.

HOUTKOTHUIS

'n Eenslaapkamer houtkothuis met 2 enkelbeddens en toiletgeriewe kan saam met DOPPERSNES en die ANNEKS gehuur word. Dit kan nie as 'n onafhanklike eenheid bespreek word nie aangesien daar nie 'n badkamer is nie.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Doppersnes gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za