Dove's Call

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dove's Call is in die hartjie van Noordhoek aan die einde van 'n stil doodloopstraat, omring deur perdeplase en is naby die strand. Dié ruim, moderne woonstel is op die boonste vlak van die eienaar se dubbelverdiepinghuis en gaste het hulle eie ingang.

Die eienaars bly op die onderste verdieping en is altyd beskikbaar vir raad sonder om op gaste se privaatheid inbreuk te maak.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n baie ruim en suite-badkamer met 'n bad,'n oop stort, 'n toilet en 2 wasbakke. Die kamer het ook 'n instap-klerekas en toegang tot 'n balkon. Daar is 'n slaapbank in die slaapkamer vir kinders. 'n Bababed kan op versoek voorsien word.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n eetkamertafel met 4 stoele. Die sitkamer het gemaklike banke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die lowerryke tuin en op die berge. Daar is ook braaigeriewe op die balkon. Die stoep het buitemeubels en baie mooi berguitsigte.

Gaste kan luisterryke klanke van plaasdiere, verskillende voëlspesies en somtyds die see verwag. Daar is 'n perdryskool af in die straat en perde gallop voortdurend daar verby. Indien gaste lus is om 'n perderit na die strand te onderneem, moet daar vroeg bespreek word om plek te verseker, veral in spitsseisoen. Die gashere is bereid om gaste met besprekings te help.

Slaapplek

'n Bespreking by Dove's Call sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dove's Call gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za