Dream Stop Guest Rooms
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Reitzstraat 9, Die Bult, Potchefstroom, 2520, Noordwes
- Geen kinders onder 10
- Vanaf R500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Dream Stop Guest Rooms is by die Bult in Potchefstroom geleë. Die perseel is ideaal geleë naby die Noord-Wes Universiteit en die Mediclinic. Dis stapafstand vanaf die besige studente-area, restuarante, koffiewinkels, en Virgin Active-gimasium. Mooimed Privaathospitaal en Medicare Hospitaal is ongeveer 2 km vanaf die gastehuis en daar is talle besienswaardighede binne 'n radius van 5 km.
Verblyf by Dream Stop Guest Rooms bestaan uit 2 gastekamers wat apart of saam bespreek kan word vir 'n groep van 4 gaste. Die kamers is in 'n aparte woonstel met 'n privaat ingang. Elke kamer het 2 enkelbeddens en bied 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeer hek.
Boonop het elke kamer 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, glase vir 2 gaste, 'n gemaklike rusbank, 'n werkspasie, gratis WiFi, 'n haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n binnehof met tafels en stoele wat gaste gerus kan gebruik.
Die eienaar Jan bly op die perseel en is altyd beskikbaar om vrae te beantwoord en hulp te verleen.
Kenmerke
Geriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 113
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Reitzstraat 9, Die Bult, Potchefstroom, 2520, Noordwes
- Gaste dink Dream Stop Guest Rooms het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Die Bult Potchefstroom Noordwes
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Reitzstraat 9, Die Bult, Potchefstroom, 2520, Noordwes
- Geen kinders onder 10