Duifieklip

Voeg by Gunstelinge

 

Naweekaanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vanaf 9 Jan 2020 tot 27 Nov 2020.

Beskrywing

Duifieklip is 'n seefront-strandhuis in Hannasbaai, St Helenabaai. Die huis is 'n klipgooi vanaf die hoogwatermerk. Gaste kan vanaf die huis deur die tuin na die strand stap.

Duifieklip is perfek vir groepe van tot 6 volwassenes plus kinders, en is ideaal vir gesinne.

Die huis het 3 slaapkamers met dubbelbeddens en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer is op die boonste verdieping en het elk 'n en-suite badkamer met 'n stort. Die derde kamer is op die grondverdieping en het ook 'n en-suite badkamer met ’n bad, en 'n stort in die gaste-badkamer reg langsaan.

Daar is 2 addisionele losstaande enkelbeddens in die anneks met 'n TV op die boonste verdieping.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas/vrieskas, mikrogolfoond, espresso koffiemasjien, ysmasjien en skottelgoedwasser, potte, panne, eetgerei en ander kookgerei.

Die eetarea het 'n groot etenstafel en sluit aan by die sitkamer. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en stoepmeubels. Die stoep bied 'n uitsig oor die veldtuin en strand waar ’n groot aantal voëlspesies (veld-, varswater- en seevoëls) te siene is. Die gelukkiges mag selfs dolfyne, walvisse of robbe vanaf die huis sien.

Gaste het toegang tot DStv en onbeperkte internet.

Die huis met sy uitsonderlike ligging en toegang tot die strand, poele en rotse, is besonder kindervriendelik. Dit is ‘n ideale familie-bestemming, waar gaste met die intrapslag kan tuis voel.

Die eiendom is nie troeteldiervriendelik ingerig nie, maar versoeke word geredelik oorweeg.

Daar is verskeie restaurante en winkels in die omgewing. Aankope kan gedoen word by die Spar, sowat 1 km van die huis af en probeer gerus die vis-en-chips by BP Marine wegneem of die Oppikaai seekos-restaurant in die hawe, of ontbyt by die Seester Restaurant by die Palm-sentrum.

Doendinge in die omgewing sluit in kajakroei, wandel, voetslaan, draf, visvang, swem, duik en bergfietsry . Daar is ook verskeie plekke om te besoek; insluitend Velddrif se bokkombedryf en die plaaslike restaurante, bootritte op die Bergrivier, of die fossielpark op die Hopefieldpad.

Die gebruik van kajakke en bybehore kan gereël word. Dit is gratis.

Slaapplek

'n Bespreking by Duifieklip sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Duifieklip gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 140 R1 427 per nag (plek vir 6)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vanaf 9 Jan 2020 tot 27 Nov 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za