Duke & Duchess Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Duke & Duchess is 'n knus, intieme boetiekhotel in die eksklusiewe woonbuurt Waterkloof Park in die hartjie van Pretoria. Ambassades, Brooklyn Winkelsentrum, Menlyn Park Winkelentrum, 4 km vanaf Menlyn Maine Square en ontwikkeling, die Uniegeboue, Pretoria Buiteklub, die Universiteit van Pretoria en UNISA is in die onmiddellike omgewing.

Die hotel het 8 individueel-versierde en luukse suites. 3 van die suites is geskik vir selfsorg. Al die suites het 'n stylvolle Franse/Engelse gevoel en is gemeubileer met oudhede en kuns van die eienaars se privaat versameling.

Ander geriewe sluit die netjiese tuine waarin jy kan ontspan, die privaat ontspanningsareas, 'n privaat sitkamer met asemrowende uitsigte oor die oostelike dele van Pretoria, 'n formele sitkamer met oudhede, welige stoffering en 'n impossante kaggel. Daar is ook onderdakparkeerplek en afstandbeheerde toegang.

Waterkloof Park is en van die stad se voorste en mooiste woonbuurte. Hierdie gewilde omgewing is uiters gewild, netjies en boomryk. Die meeste van die huise is luuks en het pragtige tuine. Daar is ook baie goed om te sien en te doen in die omgewing: gholf, museums, teaters, erfenisgebiede en die Nasionale Dieretuin.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Duke & Duchess Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false