Eagles Nest Chalets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die toevlugsoordjie genaamd Eagle's Nest Chalets is hoog bo in die heuwels aan die westekant van Hazyview geleë. Dit is net 15 km van die Krugerwildtuin se Phabeni-hek af.

Die lodge is op 65 hektaar van ongerepte bosveld geleë en bied 12 volledig gemeubileerde eenhede wat elk toegerus is vir selfsorg. Elke eenheid het sy eie TV (SABC 1, 2 3 en eTV) en braaigeriewe. Eagles Nest bied panoramiese uitsigte oor die lieflike Laeveld en is die ideale plek vanwaar jy hierdie area kan verken.

Ons geriewe sluit 'n swembad, 'n knus boma en 'n konferensielokaal in wat ideaal is vir groepfunksies.

Die nabygeleë Panorama-roete bied aan reisigers 'n pragtige omgewing, watervalle en staproetes. Die volgende plekke is 'n móét om te sien: Blyde River Canyon, Drie Rondawels, Bourkes Luck Potholes en God's Window.

Die area bied fantastiese avontuur-doendinge en gaste moenie die toevlugsoord vir olifante misloop nie. Híér kan jy slurp-aan-hand met die olifante loop. Doendinge sluit die volgende in: kabelkarretjie, warmlugballonvlugte, perdry, vierwielmotorfietsritte, riviervlotvaart en 'n besoek aan die Krugerwildtuin. Besoek ook die Shangaan-kultuurdorpie en verlustig jou in die dansies, sang en stories. Daar is heelwat gholfbane om van te kies in die area. Waarvoor ook al jy lus is, hier is alles!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eagles Nest Chalets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R970 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za