Bloubergstrand Akkommodasie by Eden On The Bay 118 | LekkeSlaap
+20

Eden On The Bay 118

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto Du Plessis-rylaan, Eden On The Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Eden On The Bay 118 is 'n volledig ingerigte en pragtig versierde woonstel in die inkopie- en leefstylkompleks Eden on the Bay in Big Bay.

Die woonstel het 1 slaapkamer en bied slaapplek vir 2 gaste. Dit is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Die slaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die keurige hoof-interieur is oopplan met die kombuis wat na die elegante eetkamer en sitkamer lei. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel en mikrogolfoond. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n rusbank vir 2, 2 ottomans en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die elegant gemeubileerde sitkamer lei na die balkon met 'n ongelooflike uitsig van die Atlantiese Oseaan en 'n rusbank vir 2 onder 'n dakkie.

Big Bay is 'n gewilde en moderne metropool wat oor die aanloklike Weskus van Kaapstad kyk, met asemrowende uitsigte van die see, Tafelberg en Robbeneiland in die verte. Die opwindende Eden on the Bay promenade bied besienswaardighede vir toeriste en is ook 'n gunsteling onder inwoners. Daar is nie 'n tekort aan pret nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 4 resensies vir Eden On The Bay 118
Netheid
3.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Otto Du Plessis-rylaan, Eden On The Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Eden On The Bay 118 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto Du Plessis-rylaan, Eden On The Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlZGZhYWM1LTFlOGItNGYyOC04NGJmLTYwMzQ2MGE4YWJlNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 Cormorant Avenue Big Bay 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.792888 18.457897
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za