+20

EngelZicht Self-catering Villa

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
    6 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 30 School Street, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

EngelZicht Self-catering Villa bied selfsorgverblyf in 'n stylvolle dubbelverdieping-strandhuis met 'n uitsig oor die see vanaf die balkon. Die villa is in die kusdorpie Yzerfontein naby die strand, hawe, winkels, koffiewinkels en restaurante geleë.

Die huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Daar is ook 'n slaapbank en 'n matras vir kinders. Die derde badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, lugbraaier, Nespresso-masjien en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die eet- en sitarea is oopplan en het 'n etenstafel met sitplek vir 6, rusbanke, 'n platskerm-TV met Netflix en WiFi, en 'n ingeboude binnebraai. Die leefarea lei na 'n balkon met buitemeubels, sonstoele en 'n ingeboude braai.

Op die onderste verdieping is daar 'n speletjieskamer met 'n veerpyltjiebord en 'n pooltafel. Die speletjieskamer het skuifdeure wat na 'n groot onderdakstoep met buitemeubels en braaigeriewe lei. Die stoep bied 'n uitsig oor die swembad en die vuurput in die tuin. Hiér kan gaste lekker ontspan en 'n pragtige sonsondergang met 'n glasie wyn in die hand geniet. Parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar.

Aktiwiteite in die omgewing sluit visvang, gholf, voetslaan en wildritte in.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
James H
Gesin met tieners
5.0
Great accommodation, great location, great stay. Amazing stay. Close to all amenities (shops and restaurants), short walk to the rocky ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Michelle R
Gesin met tieners
5.0
Peaceful and enjoyable. The place has everything you need to make it a comfortable home away from home. The kids loved the pool table a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Gary J
Gesin met klein kinders
5.0
Perfect. This was the best experience I've ever had.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Gerty D
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike, lekker huis in die mooiste vakansiedorp! Ons het heerlik gebly! Lekker huis, lekker snoesige beddegoed, baie lekker braaiplek en 'n heerlike...
Sien meer
Mrt 2025
El-rina D
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend toegeruste huis met pragtige see uitsig. Groot gemaklike huis, uitstekend toegerus om jou vakansie so lekker moontlik te maak. Kombuis het ...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Dorita Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 44

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 30 School Street, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink EngelZicht Self-catering Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 000
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 4 000
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
    6 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 30 School Street, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkwNzg2YTE3LTIxY2UtNDAwYS05MDVlLWE0MjljODc5ZGRiMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8) 44 5 1 5 30 School Street Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.348457306836 18.154580378504
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang