10 gaste
5 slaapkamers
7 beddens
3 badkamers
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 10 gaste
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - 6 Rooibos Street, Kingsview, White River, 1240, Mpumalanga Sien kaart
Beskrywing
Family Home in the Slowveld is 'n lieflike en ruim selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Kingsview in Witrivier. Dit is ideaal vir 'n groot groep vriende of 'n gesin wat die Krugerwildtuin of die Laeveld-area wil verken.
Die huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en 'n matras vir 'n kind, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens vir kinders en die vierde en vyfde slaapkamer het elk 'n dubbelbed. Die vyfde slaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, maar die ander gaste deel die derde badkamer wat 'n bad het.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en 'n opwaskamer toegerus is. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met Netflix en DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n tweede sitarea met 'n kaggel waar gaste met 'n boek kan ontspan.
Die stapeldeure lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel, gemaklike sitplek en 'n ingeboude braai. Die stoep bied weer toegang tot 'n groot tuin met 'n swembad en 'n pizza-oond. Let dat daar troeteldiere op die perseel is wat deur die huishoudster gevoer sal word en die huis sal daagliks skoongemaak word.
Dít is wat jy hier sal kry
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Kindermatras vir 1
1 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Teri Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors
Tariewe en beskikbaarheid
Wat jy moet weet
- Selfsorg
Geen partytjies en privaat funksies word toegelaat nie.
Geen geraas en harde musiek word ná 22:00 toegelaat nie.
Let dat daar 2 honde en 2 katte op die perseel is. Honde word nie op die meubels toegelaat nie en gaste moet asb. nie vir hulle bene voer nie.
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 48 uur voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 48 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |