Family Tides

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Family Tides is 'n selfsorgvakansiehuis wat net 'n paar meter vanaf Long Beach in Kommetjie geleë is. Die huis het 'n see-uitsig oor Chapman's Peak. Die strandpaadjie is reg voor die huis. Hierdie huis is ideaal vir 2 gesinne, maar weens 'n oop swembad en wit dekor is dit is nie geskik vir kinders onder die ouderdom van 10 nie.

Die huis het slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders in 4 slaapkamers. Daar is 4 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Hierdie kamer lei na die boonste dek-area met 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-stort, en lei na die dek, swembad en tuin. Die derde en vierde slaapkamer het elk 'n stapelbed en aparte badkamers, een met stort, die ander met 'n bad. Daar is ook 'n buitestort.

Die ruim kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbytkroeg met stoele en 'n waskamer met 'n skottelgoedwasser. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv en 'n PlayStation. Daar is ook 'n TV-kamer met nóg 'n TV en 2 grys rusbanke.

Die leefarea lei na 'n pragtige stoep met buitemeubels en braaigeriewe. Die stoep kyk uit oor die ruim omheinde tuin en die swembad.

Slaapplek

'n Bespreking by Family Tides sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Family Tides gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 238 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false