LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Fernhill Tented Treehouses | LekkeSlaap
+86

Fernhill Tented Treehouses

17 resensies
Tentekamp
Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fernhill Gasteplaas, Rheenendal, Knysna, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 R1 020 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Fernhill Tented Treehouses bied gerieflike glanskamptente op die Fernhill Gasteplaas op die plaaspad na Fernhill net buite Knysna in die pragtige Rheenendal-area afdraai. Hierdie area is bekend vir sy toweragtige, oeroue woude, fietsroetes, voetslaanroetes en oulike eetplekke soos Famous Tottie's Farm Kitchen, waar elke maaltyd spesiaal is. Fernhill is net 15 minute se ry van Knysna en die pragtige Buffalo Bay-strand af en is ook net 20 minute van Sedgefield met sy geliefde Saturday Wild Oats Market af, so gaste sal absoluut bederf wees deur al die interessante doendinge in die area.

Verblyf is beskikbaar in 6 glanskamptente. Elke tent het sy eie houtdek met 'n uitsig deur die takke oor die woud op die plaas. Die tente het slaapplek vir 2 tot 4 gaste en het elkeen 'n koninggrootte-bed en antieke meubels. Die Gesinstente het ook 'n slaapbank of 'n stapelbed. Linne en handdoeke word voorsien. Die en suite-badkamers het houtpaneelwerk en 'n spa-bad met 'n uitsig oor die woud deur glasvensters en 'n oorhoofse stort. Elektriese komberse, waaiers en verwarmers word voorsien. Elke tent het 'n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n kombuisie en 'n buitebraai-area.

Diegene wat van stap hou sal die oorvloed pragtige roetes op hierdie 56 ha-plaas geniet. Die area is baie gewild onder bergfietsryers, so bring jou fiets saam om die Sewepassepad tussen Knysna en George aan te pak. Fernhill is in 'n bewarea, so buiten die plaasdiere is daar heelwat vrylopende wild soos bosbokke, bosvarke, luiperds, apies, bobbejane, ystervarke en verskeie voëls. Moenie jou verkyker vergeet nie en kom geniet hierdie plattelandse paradys saam met ons.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 17 resensies vir Fernhill Tented Treehouses
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Fernhill Gasteplaas, Rheenendal, Knysna, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fernhill Tented Treehouses het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 200
Vanaf R1 020
per nag (vir 2 persone)
was R1 200
Vanaf R1 020
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fernhill Gasteplaas, Rheenendal, Knysna, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd18824f2176cc56967b888320cee19e0db44be4b088a99c7f4d01f433af168eb7dfd70f05c34417acf64540864d1174737cf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200, nou Vanaf R1 020  per nag (vir 2 persone) 17 5 1 5 Fernhill Guest Farm Rheenendal 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.990528493123 22.955182728836
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!