Fairland Akkommodasie by Flame Lily Inn | LekkeSlaap
+40
+40

Flame Lily Inn

Gastehuis
  • Vanaf R820 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Johannesstraat 213, Fairland, Randburg, 2170, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Flame Lily Inn is 'n luukse gastehuis in Fairland, Randburg (Johannesburg) geleë. Die pragtige akkommodasie is in die welige en ouer voorstad geleë, wat spog met groot bome en groen tuine in die natuurskone Johannesstraat.

Dit is nie net gerieflik naby aan die hoofroetes en winkelsentrums in Randburg geleë nie, dit bied ook 'n huislike gevoel, weg van die gedruis van die stadslewe af.

Al die kamers is pragtig ingerig en versier volgens individuele kleurskemas. Elke kamer het 'n en suite-badkamer en is toegerus met lugversorging, WiFi, DStv, koffie- en teemaakgeriewe, yskassie, digitale kluis, haardroër en 'n kas, wat dit geskik maak vir gaste wat 'n hele rukkie hier gaan vertoef. Ons selfsorg-eenhede is ten volle toegerus en is ideaal vir langtermyn-gaste en diegene wat op soek is na 'n bietjie meer privaatheid.

Ons het 3 standaard kamers, 3 luukse kamers, 1 VIP-kamer, en 2 selfsorg-eenhede.

Flame Lily Inn maak voorsiening vir alle gaste. Dit sluit in, maar is nie beperk tot sakereisigers, reisigers wat op soek is na weelde, 'n wittebrood-suite, en diegene wat spesiale geleenthede, soos bruidstees en familiefeeste wil reël. Rook is verbode in al ons kamers, maar daar is rook-areas beskikbaar.

Ons gastehuis word omring deur 'n pragtige, luisterryke tuin met groot bome wat 'n verskeidenheid voëlspesies lok en vir 'n ontspannende omgewing sorg. Die geskiedenis van Flame Lily Inn dra net by tot die karakter van hierdie luukse gastehuis. Elke kamer is na een van die eienaar se kinders vernoem.

Al ons bestuurders het jare se ondervinding en blink uit in puik, persoonlike diens. 'n Hartlike verwelkoming, 24 uur-diens, en 'n atmosfeer wat jou so tuis soos by jou eie huis sal laat voel, noop gaste om keer op keer by ons aan te klop.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Reisigerstjeks
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 20 resensies vir Flame Lily Inn
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Johannesstraat 213, Fairland, Randburg, 2170, Gauteng
  • Gaste dink Flame Lily Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R820
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R820
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R820
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Johannesstraat 213, Fairland, Randburg, 2170, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA1MzI2M2NiLWI0YzktNGMyZC05ODRkLTczOTI5ZmI5ZWJkZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R820  per nag (vir 2 persone) 20 5 1 5 213 Johannes Street Fairland 2170 Gauteng 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -26.129375686082 27.949497699738
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za