Florentino

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Florentino is 'n selfsorg-dupleks in die kusvoorstad Table View, ideaal vir diegene wat Kaapstad en omgewing wil verken. Bloubergstrand se strande is hier naby en bied puik geleentheid vir watersportsoorte soos branderplank- en seilplankry. Ander doendinge in die omtrek sluit vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies en restaurante in.

Die eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het 'n enkelbed en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis het 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 5 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike rusbank.

Die leefarea lei na 'n lieflike ommuurde tuin met sitplek en braaigeriewe. Daar is veilige parkeerplek in 'n enkelmotorhuis met direkte toegang tot binne die huis. Die kompleks het ook 'n outomatiese hek.

Slaapplek

'n Bespreking by Florentino sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Florentino gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false