Forest Hills Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Forest Hills Cottages bied gemaklike verblyf aan die hange van die Constantiaberg-vallei in Tokai. Dit is tussen die Steenberg Wynlandgoed en die pragtige Tokai-reservaat geleë. Die perseel is omhein en daar is 'n pad wat tot by Forest Hills se wit hekke kronkel om toegang tot hierdie rustige, private ou woning te bied.

Die eiendom en kothuise is veilig en daar is baie parkeerplek op die perseel. Gaste kan die privaat tuin en die braai op die stoep gebruik, en daar is toegang deur elektriese hekke na die Tokai-reservaat. Die kothuise is ingerig met WiFi en die eiendom is veilig, met 'n privaat veiligheidsmaatskappy wat in die enigste toegangspad na die area gestasioneer is .

Die kothuise is sentraal geleë en is die ideale beginpunt om die Constantia-vallei-wynroete en bekroonde restaurante te verken. Daar is ander geriewe en doendinge soos plaaslike winkelsentrums, 2 gholfbane, 'n spa, die Amerikaanse Ambassade en die Westlake- en Steenberg Besigheidsparke, in die area. Die M3-hoofweg is maklik bereikbaar, om jou Kaapstad toe en na die V&A Waterfront te neem. Daar is voetslaan- en bergfietsroetes in die Tokai-reservaat en na die boonste Silvermine-bergarea. Daar is verskeie roetes naby vir gaste wat wil stap en draf, asook roetes wat deur die Constantia-parkgordel kronkel.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Forest Hills Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za