Forty Winks Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Forty Winks Holiday Home is 'n moderne dubbelverdieping huis vir 6 gaste in De Kelders. Dit is stapafstand vanaf die rotsagtige kus van De Kelders. Die huis is in 'n veilige, stil woongebied geleë. Daar is 'n netjiese speelparkie vir kinders minder as 100 m van die huis af. Die erf is omhein met 'n groot tuin wat dit troeteldiervriendelik maak.

Die huis is gerieflik ingerig vir gesinne en dit het 3 slaapkamers en 2,5 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en bied toegang tot die balkon. Die kamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en 'n stort, groot kaste en 'n toesluitkluis vir waardevolle items.

Die ander 2 slaapkamers is op die onderste verdieping en bied toegang tot die stoep en tuin. Die een kamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Hulle deel die gebruik van die badkamer met 'n bad en 'n stort. Op die boonste verdieping is daar ook 'n ekstra gaste-toilet.

Die oopplan-leefarea is op die boonste verdieping en beskik oor 'n goed toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, gasstoof en 'n oond. Maaltye kan by die ontbyttoonbank of etenstafel genuttig word.

Die leefarea het 'n groot platskerm-TV met volledige DStv. Drie skuifdeure bied toegang tot 'n balkon met uitsigte oor die see en op die berge. Vanaf die balkon kan gaste die walvisse (vanaf Junie tot November) dophou. In die leefarea is daar 'n binnebraai en 'n Weber-braai is beskikbaar vir buite. Gaste is welkom om van die toesluitmotorhuis gebruik te maak. Gratis WiFi is beskikbaar.

De Kelders bied verskeie wandelpaaie, strande en grotte om te verken. Dit is minder as 5 km se ry vanaf Gansbaai met talle doendinge en besienswaardighede soos die Duiwelsgat- of Fynbosvoetslaanroetes, Walker Bay Natuurreservaat, Danger Point Vuurtoring en haaihokduik. Die area bied ook verskeie restaurante.

Slaapplek

'n Bespreking by Forty Winks Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Forty Winks Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 R1 560 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false