Franschhoek Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Franschhoek Boutique Hotel is in Franschhoek se hoofstraat met verskeie luukse boetieks, fynproewersrestaurante en ongelooflike kunsgalerye, geleë. Dit is ideaal vir 'n spesiale geleentheid, romantiese wegbreek of wittebrood, hetsy in die winter of somer.

Dié boetiekhotel bied 6 elegant gemeubileerde kamers met 'n koninggrootte-bed óf 2 enkelbeddens. Al die kamers het yskassies, wynverkoelers, ondervloerse verhitting en moderne Morso-kaggels. Elkeen het tee en koffiemaakgeriewe en 'n Juliet-balkon.

Ander geriewe by die hotel sluit 'n ruim sitkamer-area, espresso-koffiekroeg, vergadersaal en 'n al fresco-sitarea in.

Franschhoek bied verskeie stap- en bergfietsroetes in die omliggende berge. Gaste kan ook forel-visvang op 'n verskeidenheid plase in die vallei. Vir 'n unieke wyntoer kan gaste op 'n perd of fiets spring en 'n paar van die wynplase in Franschhoek besoek.

Kenmerke

  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Franschhoek Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za