Fynbos

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fynbos is naby George se middestad in ’n klein en veilige woonbuurt en naby die meeste strande soos Victoriabaai, Heroldsbaai en Wildernis. Die Tuinroete kan maklik vanaf die perseel besoek word en so ook die Klein Karoo, wat dit die ideale vakansiebestemming of oornagstop maak.

Fynbos het 2 kamers wat saam bespreek kan word vir groter groepe.

Kamer 1 is ’n oopplan-eenheid met 2 enkelbeddens, ’n stapelbed wat geskik is vir volwassenes wat tot en met 55 kg weeg en daar is ’n badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is met skottelgoedwas-geriewe, ’n gasstoof, elektriese oond, breekware en kook- en eetgerei toegerus. Daar is twee banke met sitplek, ’n TV met satelliet-kanale en ’n Netflix-opsie ook. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en ’n badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe met tee, koffie en melk vir die eerste dag. Verder is daar ook ’n yskassie, mikrogolfoond, breekware en eetgerei.

’n Kinderbedjie- en stoel is ook beskikbaar. Die 2 kamers het elk ’n skuifdeur wat lei na die dek met 'n berguitsig en braaigeriewe.

In die area is daar bekende gholfbane, die Outeniqua Rugbystadion en George-rolbalbane. Dit is binne maklike bereik van die Sanguine Spa en Skoonheidsalon, asook die King George Protea-hotel waar etes geniet kan word. Die York Street Boulevard met 'n Checkers, Clicks en verskeie ander winkels en Romans Pizza is 5 minute van die perseel af. Die lughawe en N2 is ongeveer 10 km vanaf Fynbos.

Ander geriewe sluit die Provinsiale Hospitaal, MediClinic en 'n inloopdokter in. Gewilde trekpleisters sluit in die Garden Route Mall, Treinmuseum en verskeie plaaslike restaurante om van te kies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fynbos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R490 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za