G112 Da Gama Strand

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

G112 Da Gama Strand is 'n selfsorgwoonstel op die eerste verdieping van die gewilde Da Gama-woonstelblok in die Strand. Dié woonstelblok is in Strandweg op die Goue Myl strandarea, stapafstand vanaf verskeie besienswaardighede in die area geleë.

Dié ruim woonstel het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 1 badkamer met 'n stort-oor-bad. Gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbytkroeg met sitplek. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitkamer het gemaklike banke met 'n platskerm-TV en 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Daar is 1 parkeerplek in 'n motorhuis en 1 besoekersparkeerplek op die perseel. Daar is 'n groot gemeenskaplike swembad, 'n plonspoel, braaigeriewe en 'n muurbalbaan.

Slaapplek

'n Bespreking by G112 Da Gama Strand sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na G112 Da Gama Strand gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za