Gallo Manor Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

In die blaarryke noordelike Johannesburgse voorstad Gallo Manor, tussen Rivonia, Sunninghill en Woodmead, op die grens van die uitnemende Johannesburgse Buiteklub Gholfbaan, wag 'n lodge van aansien en styl op jou. Die lieflike tuine en voëllewe laat jou toe om die ontspanne atmosfeer in te drink en te ontspan, weg van die stad se rumoer en woelige lewenstyl of 'n besige dag by die
kantoor.

Elke kamer het 'n luukse en suite-badkamer, met 'n stort, dubbele granietwasbakke en 'n hoekbad. Elke kamer het ook elektriese skeerpunte, 'n telefoon, mini-kroeg, WiFi, radiowekker en 'n gasvryheidskinkbord met tee- en koffie.

Daar is HD TV's met satellietkanale (hotelpakket), haardroërs en kluise in elke kamer. Die belange en veiligheid van ons gaste kom eerste.

Op wintersaande kan gaste voor die kaggel in die gaste-sitarea ontspan. Hartlike ontbyte word in die eetkamer of op die patio bedien. Aandetes is beskikbaar op versoek. Braaifunksies vir korporatiewe kliënte of vir spesiale geleenthede kan gereël word.

Gallo Manor Lodge is ideaal geleë, slegs ’n paar minute se ry vanaf die hartjie van Sandton se sentrale sakekern, verskeie restaurante, boetieks, vermaakareas en winkelsentrums. Dit is ook slegs 3 km vanaf die N1, N3 en M1.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gallo Manor Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]