Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

George Vakansieverblyf

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Notsung-laan 18A, Heatherpark, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R7 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

George Vakansieverblyf is 'n ruim vakansiehuis binne 'n 5 km-radius vanaf 3 verskillende gholfbane in George. Dit is ideaal vir 'n familie wat hou van kuier en graag die Tuinroete wil verken.

Die vakansiehuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n platskerm-TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer het ook 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n gastetoilet.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese stoof, 2 oonde, 'n lugbraaier, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met stoele waar gaste maaltye saam kan nuttig. Die leefarea het 'n groot rusbank. Daar is nog 'n sitarea met 'n platskerm-TV en gratis WiFi is beskikbaar. Die huis het sonpanele en word dus nie deur beurtkrag geaffekteer nie.

Die skuifdeure lei na 'n groot stoep met buitemeubels, braaigeriewe en 'n swembad. Hier kan gaste ontspan en die lieflike uitsig oor die lowerryke groenigheid geniet. Daar is ook 'n paadjie in die groen tuin wat lei na 'n klein riviertjie. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die huis is net 1 km vanaf 'n winkelsentrum met koffiewinkels en 'n gimnasium. Daar is ook 'n Go-George-busdiens wat 'n bushalte net 500 m van die huis af het.

Slaapplek

’n Bespreking by George Vakansieverblyf sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelslaapbank
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

5/5

Johanna Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 3

Jaar gelys 2

Ligging

  • Notsung-laan 18A, Heatherpark, George, 6529, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R7 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R7 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Notsung-laan 18A, Heatherpark, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc21be69bee0fee849d90e234ab48acf609b006c13bd28332f3b7bd5ce448ed61ebc102166d0fc872926364f0342b90011d9f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 000 per nag (plek vir 10) Notsung Ave 18 A Heatherpark 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.9557458 22.4367599
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem