LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Gimmeeabreak | LekkeSlaap
+24

Gimmeeabreak

Gastehuis
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Andover-weg 6A, Westdene, Johannesburg, 2092, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R420 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Gimmeabreak bied gerieflike verblyf in 'n gastekamer en 'n knus kothuis op 'n residensiële eiendom waar die eienaars ook woon. Gimmeeabreak is in die lowerryke Andoverweg in die hartjie van Westdene in Johannesburg. Die ligging bied toegang tot die voorstede Melville, Emmarentia, Greenside en Auckland Park.

Die gastekamer het 'n dubbelbed en het slaapplek vir 1 of 2 gaste. Die kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, asook 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskassie, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware, en 'n strykyster en strykplank. Linne, badhanddoeke, 'n haardroër en 'n spieël word voorsien. Verder is daar gratis WiFi en 'n slim-TV met sekere DStv-kanale, Showmax en YouTube.

Die knus tuinkothuis het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, ingeboude kaste en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Daar is 'n sitarea en kombuistafel met stoele om by te eet. Die kothuis is toegerus met 'n TV met Netflix, YouTube en gratis WiFi.

Etes kan vooraf gereël word, onderhewig aan beskikbaarheid. Beskuit, tee, koffie en graan word voorsien, asook vrugte indien beskikbaar. Gaste kan hul maaltye binne of buite geniet in hul eie privaat tuin. Gaste het toegang tot hul eie ingang en parkeerplek vir 1 voertuig. Daar is sekuriteitskameras vir veiligheid sowel as gewapende reaksie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 5 resensies vir Gimmeeabreak
Netheid
4.0/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Andover-weg 6A, Westdene, Johannesburg, 2092, Gauteng
  • Gaste dink Gimmeeabreak het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R420
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R420
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Andover-weg 6A, Westdene, Johannesburg, 2092, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXMkCVVFPIA53gQkDCEXx3iexspTcdGsdodOSMb4quQkvRgkj7O?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R420  per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 6A Andover Road Westdene 2092 Gauteng 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -26.1736669 27.989670364418
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!