Gods Window Forest Studio

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

God's Window Forest Studio is 'n natuur-wegbreek wat die eienskappe van liefde en deernis verpersoonlik.

Gods Window Forest Studio is in KwaZulu-Natal op die grens van die Umtamvuna Reservaat geleë. Die woud van die reservaat vorm deel God’s Window. Die atmosfeer by die pragtige toevlugsoord en die asemrowende uitsigte oor die Umtamvuna-river, -valley, -mond en -strand, maak dit die ideale keuse vir reisigers wat op soek is na 'n geestelike transformasie.

Die holistiese benadering fokus op 'n rustige wegbreek vanaf die alledaagse gejaag. 'n Helder verstand, gesonde liggaam en positiewe houding versoen die verstand en emosies. By God's Window bied ons gaste die geleentheid om te stil te raak, te reflekteer en te herlaai.

Die bedreigde Samango-aap, verskeie voëlspesies en duikertjies kan vanaf die huis aanskou word. Gedurende die aande kan mens die geluide van die bos hoor. Die ateljee is op 'n heuwel en het 'n uitsig oor die Umtamvuna-riviermond, die vleilande en die oseaan in die verte. Daar is vanaf 2 kante van die landgoed toegang tot die ateljee en dit is ongeveer 65 trappe vanaf die parkeerarea. Daar is genoeg watertenks in geval van enige wateronderbrekings.

By God's Window bied ons 'n rustige ruimte waar gaste kan reflekteer en herlaai - verstand, liggaam en siel. Ons bied die verskeie terapieë en aktiwiteite aan: joga, Tai Chi, Thaise refleksologie, energie-genesing, begeleide meditasies, sauna, warmbad-spa, staproetes, kanovaart en bergfietsry. Doen asb. navraag met bespreking.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gods Window Forest Studio gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false