Goedehoop
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Goedehoop-weg 7, Goedehoop, 7130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Goedehoop is 'n ateljeewoonstel met 'n huislike atmosfeer in 'n rustige buurt in Somerset Wes.
Die ateljeewoonstel is op die eiendom van die eienaar, maar het 'n eie privaat ingang, parkering en privaat tuin met eie braaigeriewe. Die woonstel is geskik vir 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-slaaparea en -kombuisarea en aparte badkamer met 'n heerlike groot stort.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, braaipan, eetgerei en breekware. Komplimentêre koffie- en teemaakgeriewe is beskikbaar.
Groot aanwins is die privaat tuin met eie braaigeriewe. Die tuin is omring deur bome en hier kan jy werklik tot rus kom, die son en voëllewe geniet.
Dit is naby al die hoofroetes, die Helderbergwynroetes en is slegs 45 km van Kaapstad af. Die Strand met sy pragtige wit strande is slegs 8 km van die eiendom af en is ook naby Somerset Mall, Mediclinic Vergelegen en Busamed Paardevlei Privaathospitaal.
Slaapplek
’n Bespreking by Goedehoop sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Goedehoop-weg 7, Goedehoop, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Goedehoop het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Goedehoop-weg 7, Goedehoop, 7130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom