Goedheid & Guns
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nagtegaalstraat 35, Aalwyndal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Goedheid & Guns skuil op 'n bekoorlike kleinhoewe buite die hawedorp Mosselbaai. Die streek is bekend vir matige klimaat regdeur die jaar, goue strande en 'n verskeidenheid natuurlike, kulturele en historiese besienswaardighede.
Verblyf word in 'n oopplan-woonstel op die eienaars se perseel gebied en dit het slaapplek vir 2 gaste. Die woonstel het 'n privaat ingang, 'n koningingrootte-bed met gehaltelinne, handdoeke, 'n rusbank, 'n TV met DStv en 'n klerekas. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die kombuisie is met 'n yskassie, oondjie, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en basiese toebehore toegerus. Daar is ook 'n wasbak met skoonmaakmiddels en vadoeke. Die woonstel lei na 'n stoep met braaigeriewe en 'n sitarea. Veilige parkeerplek word voorsien.
Die rustige omgewing is veilig en bied stap- en fietsroetes. Gaste kan Adventure Horse Safaris op die kleinhoewe of begeleide perderitte bespreek. Langeberg Mall is net 5 km ver. Aktiwiteite in die omgewing sluit visvang, duik, bootritte, Zipline, voetslaan, voëlkyk en walviskyk in seisoentyd in. Die woonstel is naby die gewilde Mosselbaai Valskermklub geleë en ideaal vir gaste wat by die kursus aangesluit het.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Nic Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Nagtegaalstraat 35, Aalwyndal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Goedheid & Guns het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vyf Brakke Fonteinen Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nagtegaalstraat 35, Aalwyndal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom