Gordonsbaai Akkommodasie by Goldwater Woonstel 5 | LekkeSlaap
+11

Goldwater Woonstel 5

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 107, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Goldwater Woonstel 5 is in 'n sekuriteitskompleks oorkant die idilliese strand en melkhoutwoud van Gordonsbaai geleë.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde motorhuisdeur.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, vierplaatstoof, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die oopplan-sitarea het gemaklike rusbanke, 'n slim-TV met DStv-kanale en 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n ingeboude braai.

Die woonstelgebou is net 'n klein entjie van Bikini Beach en Gordonsbaai se ou hawe af en stapafstand van verskeie restaurante af. Kaapstad Internasionale Lughawe is 45 km ver en die middestad en V&A Waterfront is sowat 58 km ver. Ander besienswaardighede in die omgewing sluit die Stellenbosche wynroete, Hermanus, voetslaan, fietsryroetes en visvang-bootuitstappies in. Daar is ten minste 8 uitstekende 18 putjie-gholfbane minder as 20 km van die woonstel af.

Slaapplek

’n Bespreking by Goldwater Woonstel 5 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir Goldwater Woonstel 5
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kusweg 107, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Goldwater Woonstel 5 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 107, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATuNP6LkBXrln0bgR35Of7oQYTnvuhp1gxCBX1hDtfKHHjYShs5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 107 Beach Road Gordon's Bay 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.162373625129 18.865365593381
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za