Golfing Family's Dream Home
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Jun 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Robbejacht-sirkel 1100, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 500R4 050 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Golfing Family's Dream Home is 'n moderne enkelverdieping-selfsorghuis met 'n omsetter en sonpanele, op die veilige Langebaan Country Estate wat spog met 'n eksklusiewe 18 putjie-gholfbaan wat deur Gary Player Designs en Black Knight Designs ontwerp is. Die huis is in 'n stil doodloopstraat met 'n speelpark aan die een kant en die gholfbaan se 13de gaatjie aan die ander.
Die huis is geskik vir 8 gaste en het 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -opwasarea, eetarea- en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 2 wasbakke. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde en vierde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamers het deure wat na buite lei wat aparte toegang bied. 2 van die kamers het waaiers. Daar is ook 'n kampbedjie.
Die moderne kombuis en opwaskamer is gepas vir enige voornemende sjef en is met 'n dubbeldeur-yskas-vrieskas, ysmasjien, stoof, oond, mikrogolf en skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook 'n toonbank met 5 stoele. Die eet-area het 'n etenstafel vir 6 en in die sitarea is daar gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n slim-TV met DStv. Dié area lei na die skoonveld en 'n binnehof wat na noord front waar gaste beskut sal wees teen die wind.
Stapeldeure lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en 'n etenstafel vir 6.
Die landgoed het 'n gemeenskaplike swembad, 'n gimnasium, spa, restaurant, kroeg, tennisbane, 'n putt-putt-baan, 2 rolbalbane, 'n sokkerveld, 2 doelnette, asook speelplek vir kinders, fietrypaaie en staproetes, bokke en baie verskillende voëlsoorte.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Andriette Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 8
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Robbejacht-sirkel 1100, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Golfing Family's Dream Home het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Robbejacht-sirkel 1100, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap