Stay! In Clarens
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Swartstraat 484, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R1 080 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Stay! In Clarens is in die beeldskone dorpie Clarens, in die Oos-Vrystaat geleë. Dié dorpie skuil aan die voet van Mount Horeb en is ongeveer 30 min se ry vanaf die Golden Gate Nasionale Park af.
Dié besonderse gastehuis se interieur ontwerp, is buitengewoon, stylvol en opwindend. Ons bied akkommodasie in 3 en suite-eenhede, elk met sy eie ingang, sowel as 'n twee slaapkamer hoofhuis. Promise, het 'n koningingrootte-bed, sowel as 'n enkel bed (2+1) en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Festive het 'n dubbelbed, asook 'n 3/4 bed (2+1) in 'n aparte vertrek en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. D'Light het 'n koningingrootte bed (2), asook 'n en suite badkamer met 'n stort en 'n toilet. Al die eenhede het hulle eie privaat ingange vanaf die patio. Ons eenhede is toegerus met 'n yskassie, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe, induksieplaat en mikrogolf, vir selfsorg. Elke eenheid het sy aparte kombuis/kuier area wat uitgaan op die sonnige patio. Ons beskik oor braaigeriewe in die prentjiemooi tuin met berguitsig. Die Hoofhuis bestaan uit 2 slaapkamers, elk met 'n dubbelbed, 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet en dan 'n aparte gaste toilet. Die huis het 'n baie ruim oopplan sit/eetkamer en kombuis. Daar is ook 'n ekstra enkelbed in die sitkamer, sowel as 'n ekstra enkelbedmatras (in totaal slaap 2+2+1+1) op aanvraag. Die kombuis is baie goed toegerus met 'n 6 plaat gasstoof met elektriese oond, groot staan yskas en vrieskas, sowel as 'n 10 sitplek eetkamertafel. Die huis het 2 privaat ingange en bied ook braaifasiliteite en toegang na die voortuin. Stay in Clarens, in geheel, kan 14 gaste akkommodeer en is dus ideaal vir familiekuiers. Die hoofhuis is 100% rolstoelvriendelik. Daar is kaggeltjies in Promise, Festive en Hoofhuis, vir 'n wintervuurtjie. Stay! In Clarens is jou huis, weg van jou huis, net beter!!
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jaco en Lindi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 175
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Swartstraat 484, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Stay! In Clarens het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Swartstraat 484, Clarens, 9707, Vrystaat