LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Grandview Guesthouse | LekkeSlaap
+37

Grandview Guesthouse

Gastehuis
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 28 Des 2021 tot 29 Des 2021.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tecoma-singel 28, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Grandview Guesthouse is 'n privaat, semi-selfsorgwoonstel in Plattekloof wat ’n pragtige uitsig op Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel bied. Die eenheid is sentraal geleë en bied maklike toegang tot die N1 en ander hoofroetes, wat dit die ideale verblyf vir vakansies, sakebedrywighede of hospitaalbesoeke maak.

Die eenheid is deel van 'n gesinswoning. Dit is op die boonste verdieping en het 'n privaat ingang tot 'n onafhanklike vleuel van die woning. Die netjiese eenheid het plek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, 2 badkamers en 'n leefarea met 'n kombuisie. Die eerste badkamer het 'n bad en toilet, en die tweede badkamer het 'n stort en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, ketel, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. 'n Bistrostel binne die leefarea bied ook gerieflike eet- of werkplek vir gaste. Koffie, tee, suiker, melk en tuisgebakte beskuit word eenmalig met aankoms voorsien. Die eenheid het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en gratis Wi-Fi is beskikbaar. 'n Tweede kamer met 'n dubbelbed en see-uitsig is beskikbaar teen ekstra koste per nag vir gaste wat apart wil slaap.

Buite is n gemeenskaplike stoep met asemrowende berg- en see-uitsigte vir gaste se ontpanning. Veilige onderdakparkeerplek word agter 'n geslote hek voorsien. Die perseel is ook toegerus met geslotekringtelevisie.

Die gastehuis is sleg 15 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, 10 km vanaf Tygervallei- en Canal Walk Winkelsentrums, 15 km vanaf Bloubergstrand, 25 km vanaf V&A Waterfront en 30 km vanaf Tafelberg se kabelkarretjie.

Panorama Medikliniek, - Harteenheid en – Onkologie sentrum is binne loopafstand. Louis Leipoldt-, Karl Bremmer-, Tygerberg- en die N1 Stad Hospitaal is ook binne 'n radius van 3 tot 5 km. Daar is baie restaurante, wegneemetes en kruidenierswinkels binne 'n radius van 3 km van die gastehuis af.

Die Durbanville-wynroete begin binne 3 km vanaf Grandview Guesthouse. Dit sluit in die historiese De Grendel-, Durbanville Hills-, Meerendal-, Diemersdal- en Canto Wynkelder.

Slaapplek

’n Bespreking by Grandview Guesthouse sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 7 resensies vir Grandview Guesthouse
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Tecoma-singel 28, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Grandview Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tecoma-singel 28, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc4d965f7d9d5770a120f15480b980efb40d74d947107d534851fe16d5f4e8769aedd850ffd31970e6fa30d297f541bc7f971?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650  per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 28 Tecoma Crescent Plattekloof 2 7500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.8809117 18.5859964
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!